Krejcir-saak: Valke-hoë vas

Radovan Krejcir Maandag by die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Radovan Krejcir Maandag by die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

ʼn Adjudant-offisier van die Valke, wat glo verbind kan word aan die ontvoering- en aanrandingsaak van Radovan Krejcir, die Tsjeggiese voortvlugtende en omstrede sakeman, is Dinsdag in hegtenis geneem.

Die beampte is Dinsdagoggend omstreeks 08:00 in die Oos-Rand aangekeer, berig EWN.

Die polisie het vroeër berigte afgemaak dat hoërang-polisiebeamptes by Krejcir se saak betrokke is.

Krejcir is Vrydag in hegtenis geneem op aanklagte van ontvoering en aanranding met doel om ernstig te beseer in verband met ʼn voorval wat in Junie plaasgevind het.

Paul Ramaloko, ʼn woordvoerder van die Valke, het gesê die inhegtenisname hou slegs verband met Krejcir se ontvoeringsaak en hou nie verband met beweringe dat Krejcir Vrydag ná sy inhegtenisname glo aangerand is nie. Hy het gesê die moontlikheid bestaan dat meer inhegtenisnemings kan volg.

The New Age-koerant het Dinsdag berig dat verskeie hoërang-polisiebeamptes vandag in hegtenis geneem kan word, nadat hulle glo sensitiewe inligting aan Krejcir verskaf het en hom probeer beskerm het van die ondersoek teen hom en ʼn medebeskuldigde, Desai Lupondo. Maar Soloman Makgale, ʼn polisiewoordvoerder, het aan EWN gesê dit is net spekulasie.

Lees ook:
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof

Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.