Krejcir se vrou en seun in hof

Katerina Krejcirova Vrydag tydens haar inhegtenisneming buite die Palm Ridge-landdroshof Foto; Werner Beukes/SAPA

Katerina Krejcirova Vrydag tydens haar inhegtenisneming buite die Palm Ridge-landdroshof Foto; Werner Beukes/SAPA

Die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se vrou, Katerina Krejcirova, en seun, Dennis, het Maandagoggend vlugtig in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn.

Krejcirova en Dennis (21) is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde gesteelde voertuig wat by die egpaar se Vaal-eiendom opgespoor is. Hulle is dieselfde dag op ʼn waarskuwing vrygelaat nadat Krejcirova ʼn dringende aansoek in die Pretoriase hooggeregshof ingedien het.

Die staat beweer dat die twee ʼn Volkswagen Amarok met vervalsde dokumentasie gekoop het.

Die saak is tot 20 Maart uitgestel nadat die staat uitstel gevra het sodat die polisie die saak verder kan ondersoek. Krejcirova se prokureur het die aansoek teengestaan.

Krejcirova se prokureur het in die hof gesê die betrokke voertuig is op ʼn besigheidsperseel in die Vaal aangetref. “Die ondersoekbeampte is meegedeel dat die uitvoerende hoof ʼn verduideliking oor die voertuig kan gee,” het die prokureur gesê. “Die polisie het die twee in hegtenis geneem sonder om die saak behoorlik te ondersoek.” – SAPA

Lees ook:
Krejcir se vrou vrygelaat
Polisie soek glo ook Krejcir se seun
Krejcir se vrou in hegtenis geneem
Krejcir se borgaansoek uitgestel
Radovan Krejcir weer in hof 
Krejcir en kie in die hof
Krejcir-saak hervat
Vyfde verdagte vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor
Krejcir-saak: Ondersoeker het glo inligting verkoop
Krejcir se aansoek om verlof tot appèl geweier
Krejcir-saak: Name van beweerde moordkomplot-ondersoekbeamptes bekend gemaak
Hof lewer uitspraak oor Krejcir-aansoek
Uitspraak in Krejcir-aansoek verwag
Krejcir ‘geskik’ vir borg hoor hof
Krejcir-vennoot se pa tot die dood gemartel
Krejcir-vennoot se borgtog-aansoek wéér afgekeur
Geen borgtog vir Krejcir
Krejcir en kie het glo staatsaanklaer gedreig
Krejcir-borgtogverhoor hervat
Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.