Radovan Krejcir, die omstrede sakeman van Tsjeggië, wil nie kommentaar lewer nadat ʼn bom Dinsdag by een van sy ondernemings in Bedfordview in die Oos-Rand, die dood van twee mense veroorsaak het nie.
Vyf mense is ook ernstig in dié ontploffing beseer. Die beseerdes is na die Bedford Gardens-hospitaal geneem vir behandeling.
“Jammer ek praat nie met die media nie,” het hy Woensdag aan ʼn SAPA-verslaggewer gesê.
Mike Bolhuis, ʼn privaatspeurder, het aan JacarandaFM gesê hy het Dinsdagaand ná die voorval met Krejcir gepraat. Hy het gesê Krejcir is geskok, maar “oukei”. Hy het twee moontlike redes verskaf hoekom die moontlike sluipmoordaanval op Krejcir se lewe gemaak is. Klik hier om na die onderhoud te luister.
Die polisie is, na wat verneem word, steeds op die toneel oorkant die Eastgate-winkelsentrum.
Die ontploffing het op die hoek van Bradford- en Nicolstraat by sy Money Point-kantoor, waar goud en diamante verruil word, plaasgevind.
Polisiehelikopters het Woensdagoggend by die toneel geland.
Forensiese deskundiges het Dinsdag aan SAPA gesê dat ʼn gedeelte van die onderneming se dak meegegee het weens die ontploffing. “Ons moet nog uitvind watter tipe bom gebruik is,” het een van die deskundiges gesê.
Krejcir, ʼn beweerde Mafia-baas in die Oos-Randse onderwêreld, het in Julie vanjaar ’n skynbare aanslag op sy lewe voor dieselfde onderneming oorleef. Sy motor is deur verskeie koeëls getref. Daar is drie weke vòór die voorval by die onderneming ingebreek en meer as R3 miljoen se juwele is gebuit.
Lees ook:
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval
Hierdie ou se bloed word gesoek seker omdat hy in sy opposisie se grense beweeg.
Natuurlik bang vir sy Mafia-maters. Hy sal not-a-hell praat!!!
Dit is ongetwyfeld die gelukkigste man op die planeet want hy doen geen beserings op of kom naby aan die dood nie, nie ten spyte van al die pogings om hom uit die weg te ruim nie. Ek begin te wonder oor hierdie kastige pogings?
Susan, sy 9 lewens is amper op.Live by the sword … .. .. …..
Ek verstaan nie hoekom ons land aan so ‘n persoon skuiling en beskerming bied nie. Die feit dat ons dit doen, sê dat ons sy aktiwiteite goedkeur (al is dit stilswyend).