Krejcir-vennoot se pa tot die dood gemartel

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes/SAPA

Die pa van ʼn vermeende vennoot van die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir, is dood nadat hy gemartel is, het The Citizen Vrydag berig.

“Miso Mihaljevic, die pa van Djordje Mihaljevic, is verlede Vrydag op pad huis toe in Johannesburg van die pad afgetrek en ontvoer,” het Chad Thomas, forensiese ondersoekbeampte, aan die Citizen gesê. Djordje is die eienaar van Sandton Gold and Diamond Exchange en ook ʼn vriend van die veroordeelde dwelmhandelaar Glenn Agliotti.

“Miso se pelvis en bene is met hamers gebreek tydens die martelsessie,” het Thomas gesê. “Hy het op ʼn manier by ʼn hospitaal uitgekom, maar die volgende dag, op Oukersdag, weens komplikasies gesterf. Hy het glo ʼn beroerte gehad voordat hy aan ʼn hartaanval gesterf het.”

Djordje is glo nie tans in die land nie en kan nie op sy selfoon bereik word nie.

Die polisie het aan die Citizen gesê hulle is nie bewus van die saak nie.

Intussen bly Krejcir onder polisiebewaking in die hospitaal glo vir behandeling om nierversaking te voorkom. Hy en drie ander is in November in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man ontvoer en aangerand het ná ʼn mislukte dwelmtransaksie.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Walla ·

Lekker…. laat die vuilgoed mekaar uitwis…..”DOG EAT DOG”

Eben ·

” …. Intussen bly Krejcir onder polisiebewaking in die hospitaal glo vir behandeling om nierversaking te voorkom” Moenie vir ons se hy speel ook golf? en oppad om mediese verligting te kry!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.