Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Die verhoor van Radovan Krejcir, omstrede sakeman van Tsjeggië, en nog ʼn man vind Maandag in camera plaas by die Palm Ridge-landdroshof in Randburg.

Kenny Ramavhoya, senior staatsaanklaer, het Maandag omstreeks 11:00 aangekondig dat die verhoor in camera gehou gaan woord en het gesê die besluit is weens “veiligheidsredes” geneem.

Hy het ontken dat daar geheimhouding rondom die saak is en het gesê dat die mans na verwagting slegs vir hul eerste hofverskyning agter geslote deure sal wees.

Dit is nie onmiddellik duidelik watter deel van die Strafproseswet bepaal het dat die saak in camera aangehoor word nie. In ooreenkoms met die verdediging gaan die saak na verwagting tot 2 Desember uitgestel word, wanneer die verdagtes glo aansoek gaan doen om borgtog.

Krejcir en die man, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, verskyn op aanklagte van poging tot moord en ontvoering weens ʼn beweerde aanranding in Junie.

Die hooggeregshof in Johannesburg sal ook na verwagting Maandag uitspraak lewer of Krejcir uit aanhouding na ʼn hospitaal oorgeplaas moet word nadat hy glo in die polisie se aanhouding deur die beamptes aangerand en gemartel is.

Intussen het die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) gesê Krejcir se bewerings oor sy aanranding sal ondersoek word.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het gesê ʼn groep polisiebeamptes het Krejcir na bewering ná sy inhegtenisname Vrydag na ʼn stuk veld in die rigting van Katlehong geneem, waar hy glo met ʼn skokstok geskok is en ʼn sak oor sy kop getrek is.

“Die klaer het glo sy bewussyn verloor,” het Dlamini gesê.

Die beweerde voorval is by Opod aangemeld nadat ʼn saak van aanranding by die Protea Glen-polisiestasie aangemeld is.

“Opod het die dossier op 24 November oorgeneem en ondersoek nog die saak. Niemand is nog in verband met die beweerde voorval in hegtenis geneem nie.”

Lees ook:
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peter Says ·

So is dit maar, ek glo nie hy kan n “soenkie” verwag nie.

Justi ·

Dis vir my uiter onaanvaarbaar dat die polisie hulself die reg toe eien om mense so te slaan en te martel! Dis waarom die mense hulle so haat. Hulle misbruik hul magte en moet self erg gestraf word.

Peter Says ·

Justi,ek stem, maar hierdie mafia het baie lewens verwoes en geneem.

Sarie van Niekerk ·

Goeiste genade, maak julle joernalis asseblief bietjie wakker!!

Waar op deeske aarde kom hy/sy aan die inligting dat die Palm Ridge-landdroskantoor by Randburg is??

Palm Ridge is in Ekurhuleni (Oos-Rand) tussen Alberton en Germiston langs Katlehong gelee!!!!

Regtig waar, wat het geword van die dae dat joernaliste seker maak van hul feite???? Dit is nou wat ek swak joernalistiek noem. Eers het julle berig die man gaan in die landdroshof op Alberton verskyn. Alberton het seker al langer as twee jaar nie meer ‘n landdroshof nie, Alberton se sake word in Palm Ridge verhoor en nou berig die joernalis weer die Palm Ridge-hof is in Randburg!!!

Nee genade Phillip Bruwer, maak asseblief seker van jou feite. As jy nie weet waar ‘n plek is nie, soek dit op . Gebruik ‘n GPS, ‘n kaartgids of wat ook al, maar kry asseblief die regte feite!!!!

Hoe hoe kan ons in die toekoms enigsins enigiets glo wat op Maroela Media verskyn as dit die kwaliteit van jul beriggewing is???

Justi ·

Sarie dis menslik om n fout te maak. Ek stel voor dat jy dan nie meer die nuus op Maroela lees, sou jy niks glo.

Sarie van Niekerk ·

Dit is menslik om foute te maak maar ervare joernaliste maak nie sulke growwe foute nie. Dit is die joernalis se plig om seker te maak van feite. Jy kan nie die hof uit een provinsie uithaal en dit sommer in ‘n ander een plaas nie, dit is nie ‘n menslike fout nie, dit is plein agterlosigheid

Justi ·

Dalk ja Sarie, maar die wyse waarop jy getik het is baie aanvallend met al die !!!!! En ????

Daar is maniere en maniere om iets te se……………..

Peter Says ·

sarie, forgive and forget, Maroela gee ons die nuus “gratis” en “verniet”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.