Krieketbase bedank kort na verdoemende verslag

Die waarnemende president van Krieket Suid-Afrika, AK Khan, en die voorsitter van dié organisasie se ouditkomitee, John Blair, het Woensdagaand bedank.

Dit kom kort nadat regter Chris Nicholson se verdoemende bevindings na KSA se bonusskandaal. “Ek dink dis tyd vir verandering en vir nuwe leierskap,” het Khan gesê. Khan en Blair sê bedankings kom ook kort voor Saterdag se vergadering van die uitvoerende raad van KSA waartydens Gerald Majola, uitvoerende hoof van KSA, se ontslag en moontlike opvolger glo bespreek sal word. Nicholson het Vrydag aanbeveel dat Majola geskors word weens die ongemagtigde bonusse van nagenoeg R1,8 miljoen wat hy ontvang het vir die aanbieding van die Indiese Premierliga (IPL)- toernooi en die Kampioenetrofee-reeks in 2009. Die minister van sport, Fikile Mbalula, het in November verlede jaar dié ondersoek gelas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.