Krieketspeler toets positief vir verbode middel

’n Protea-krieketspeler het positief getoets vir die gebruik van ’n verbode middel.

Rory Kleinveldt is onmiddellik “as voorsorg” onttrek aan die Cobras-span wat Vrydag in die plaaslike Twintig20-reeks teen die Warriors op Nuweland te staan kom. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (SAIDS) het Donderdag gesê Kleinveldt het positief getoets vir ’n spesifieke middel op die verbode lys, tydens ’n roetine-toetsing vir opkikkers. Die Cobras se afrigter, Richard Pybus, het sy teleurstelling hieroor uitgespreek. “Dit is ʼn groot verlies vir die span. Ons het drie belangrike wedstryde oor.” Kleinveldt het die Proteas reeds in twee Twintig20-wedstryde verteenwoordig. Kleinveldt, wat Donderdag sy 29ste verjaardag gevier het, kan vra vir sy “B”-monster om getoets te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.