Kriminele klagtes vir “samespannende direkteure”

Konstruksie aan die Groenpunt-stadion in Kaapstad

Corruption Watch het Woensdag gesê kriminele klagte moet gelê word teen die direkteure van konstruksiemaatskappye, wat gesamentlik vir samespanning met R1.46 miljard beboet is.

“Ons doen ʼn beroep op die betrokke vervolgingsowerhede om kriminele klagtes te lê teen die individue wat die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite [Precca] oortree het,” het die organisasie gesê.

Corruption Watch het Woensdag ʼn aansoek by die Mededingingskommissie ingedien tydens ʼn verhoor oor die skikkingsooreenkoms van 15 konstruksiemaatskappye wat geknoei het met aanbiedinge vir die 2010 Sokkerwêreldbeker-infrastruktuurprojekte en ander projekte. Die Mededingingskommissie het op 24 Junie ʼn skikkingsooreenkoms met die konstruksiemaatskappye bereik nadat hulle glo saamgespan het vir tenders.

“Die individue wat by hierdie korrupsie betrokke was moet en kan van kriminele misdrywe aangekla word en dit kan tot kriminele sanksies insluitend tronkstraf lei.”

Lees ook:
Konkelwerk met bouprojekte
Konstruksiemaatskappye “voor ‘n vuurpeloton”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.