Krokodil byt sending-egpaar se dogter voor kleinkind dood

Thys en Dorette Cronje

Thys en Dorette Cronje

Dorette en Thys Cronjé, ʼn bejaarde sending-egpaar wat die sendingpos op Motopi in Botswana in stand hou, se dogter, Danelle, is Maandag deur ʼn krokodil aangeval en doodgebyt. Die aanval het ten aanskoue van Danelle (in haar 30s) se dogtertjie, Arielle, plaasgevind.

Ds. Ben Fourie, ʼn predikant van die Gereformeerde Kerk Kameeldrift in Pretoria, was vriende van die egpaar en het al saam met gemeentelede die sendingpos in Motopi besoek. Fourie het Dinsdag aan Maroela Media gesê na wat hy verneem het, het die voorval in Shakawe by die Okavango-rivier plaasgevind.

“Thys is in Botswana gebore. Dorette is al vir die afgelope 20 of 30 jaar daar,” het Fourie gesê.

Die Cronjés werk met sowat 90 weeskinders in Motopi en beman ‘n sopkombuis twee keer ‘n week. Motopi is ongeveer 50km van Maun in die noorde van Botswana. Die Cronje’s word beskryf as paartjie wat ‘n ware roeping het vir die werk wat hulle onder moeilike omstandighede onder die Tswanas en Boesmans doen.

Maroela Media wag nog vir meer inligting oor die aanval. Intussen het ds. Fourie versoek dat die egpaar in mense se gebede opgedra word.

Lees die opvolg berig hier:
“Krokodil wat vrou vang was ʼn reus”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Erich Goosen ·

So tragies dat dit ‘n familie moet oorkom wat die lering van naasteliefde so uitleef. Baie sterkte aan die familie.

Amy ·

Wonder soms waarom gebeur slegte dinge met goeie mense. Ons dink aan julle in die vreeslike tyd. julle is ons gebede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.