Kroonstad se riool in rivier laat beeste vrek

Argieffoto

Argieffoto

Die VF Plus in die Vrystaat het eergister ‘n verslag ontvang wat die toksisiteit van die water in die Valsrivier bevestig. 

Verskeie boere in die Bothaville-omgewing het ‘n toename in dooie visse in die rivier gewaar en die wetenskaplike ondersoek laat doen. Daar was ook gevalle waar beeste gevrek het.

Volgens VF Plus-raadslid, Thys Vermeulen, van die Moqhaka-munisipaliteit, spoel 75% van Kroonstad se riool in die Valsrivier. Tweederdes van die rioolsuiweringswerke werk tans nie. Vermeulen beskou die onkundigheid en onbevoegdheid van munisipale amptenare as die oorsaak hiervan. Dit is ‘n geweldige gesondheidsrisiko. Mense en diere wat hierdie rivierwater drink sal baie siek word en kan doodgaan.

Talle dorpe in die Vrystaat is gereeld sonder water wat ‘n geweldige probleem vir inwoners meebring.  Munisipaliteite se arrogante houding jeens water is een van die vernaamste redes waarom dorpe gereeld sonder water is.

Die ANC-beheerde munisipaliteit se onbevoegdheid stel mense se lewens in gevaar en is teenstrydig met die grondwet van Suid-Afrika.

Die VF Plus eis onmiddellike ingryping deur die provinsiale en nasionale regering in hierdie verband. Wouter Wessels, VF Plus-lid van die Vrystaat Wetgewer het eergister met die VF Plus-leier en adjunkminister, dr. Pieter Mulder, in hierdie verband geskakel. Mulder sal die onaanvaarbare situasie in Moqhaka met die minister van waterwese en omgewingsake op ‘n dringende basis bespreek.

“Daar is dringend verandering in Suid-Afrika nodig. Die komende verkiesing is van kardinale belang om protes teen die onbevoegde en korrupte ANC-regering aan te teken en teen die ANC te stem. Saam is ons sterker,” het Wessels bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GawieM ·

Ek het nou ‘n vraag
Indien ‘n dokter nalatig is word hy aangekla en vervolg.
Waarom word hierdie mense nie krimineel vervolg nie? Hulle stel mos ander se lewe in gevaar en is erg nalatig.

Is die VF+ bang of gaan hulle iets aan die saak doen. Ons hoor net altyd van julle ondersoeke, maar hoor nie wat julle daaraan doen nie. Ons as ondersteuners raak ongeduldig ook met julle.

Doen iets en wys die kiesers waarvoor julle staan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.