ʼn Vrou van Kroonstad in die Vrystaat het ʼn noue ontkoming gehad nadat sy oor die naweek 50 meter ver van ʼn balkon afgeval het.
Christo Venter, ʼn woordvoerder van ER24, het Maandag gesê die vrou en haar vriende het Sondagmiddag op ʼn balkon van ʼn woonstel ontspan toe die voorval plaasgevind het. “Dit is in die stadium nie bekend hoe sy geval het nie, maar sy het 50 meter ver geval en op ʼn stuk sement aan die agterkant van die woonstelblok geland,” het Venter gesê.
Paramedici moes oor ʼn heining waarvan die hek gesluit was, klim om by die vrou uit te kom sodat hulle haar kan behandel. “Die brandweer het intussen opgedaag en die hek van die heining oopgesny sodat ons die pasiënt van die toneel af kon verwyder.”
Venter het gesê ten spyte van die potensieel dodelike beserings wat die vrou kon opdoen, het sy slegs matige beserings opgedoen. Sy is na die Boitumelo-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Jislaaik !!! sy het regtig n tweede kans op lewe gekry.
50 meter? Dis meer as 16 verdiepings, en dan op beton? Het Kroonstad ooit ‘n gebou wat so hoog is?
Baie goeie vraag Adoons, nie waarvan ek weet nie.