Kruger-museum gesluit – R1,1-miljoen om huis te herstel

Die eerste fase van herstelwerk aan die Kruger-huis, wat sowat R1,1-miljoen sal kos, het op 31 Maart afgeskop. Foto: www.looklocal.co.za

Die Kruger-huis in Kerkstraat, Pretoria is tot 31 Mei vir opknappingswerk van meer as ʼn miljoen rand gesluit.
Volgens ʼn berig op die webwerf www.looklocal.co.za gaan die restourasie R1,1-miljoen kos nadat die huis deur die jare geleidelik verval het terwyl daar gestoei is om die nodige geld vir verbeteringe te bekom.

Talita Fourie, adjunkdirekteur en kurator van die museum, het gesê die huis is een van die belangrikste besoekpunte in die middestad van Pretoria met sowat 30 000 toeriste wat dit jaarliks besoek.

Fourie het verder gesê die verkeerde verf is tydens vorige restourasiepogings gebruik, wat veroorsaak het dat waterdamp nie uit die mure kon ontsnap nie en dit het krake laat ontstaan. Die dak van die Kruger-museum het ook begin lek. Volgens haar behels die eerste fase van die restourasieprojek net die buitekant van die museum
Lees hier vir nog geskiedkundige agtergrond oor die Kruger-huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.