Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê 313 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak. Hy sê die Krugerwildtuin het die afgelope week 13 renosters verloor en 229 sedert die begin van die jaar. In Noordwes is 25 renosters reeds vir hul horings doodgemaak, 24 in Limpopo, 20 in KwaZulu-Natal en 15 in Mpumalanga. Modise sê 98 mense is reeds sedert die begin van die jaar in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.
Kruger verloor 13 renosters in ‘n week
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.