Kruger verloor 13 renosters in ‘n week

Foto: Moira-Marie Kloppers

Vier vermeende renosterstropers is die afgelope week in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem terwyl die aantal renosters wat reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak het tot meer as 310 gestyg het.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê 313 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak. Hy sê die Krugerwildtuin het die afgelope week 13 renosters verloor en 229 sedert die begin van die jaar. In Noordwes is 25 renosters reeds vir hul horings doodgemaak, 24 in Limpopo, 20 in KwaZulu-Natal en 15 in Mpumalanga. Modise sê 98 mense is reeds sedert die begin van die jaar in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.