Dr. Abe Sibiya, uitvoerende direkteur van die wildtuin, sê meeste van die stropers wat in hegtenis geneem is beweer hulle het moeti gebruik om nie deur veldwagters en gevaarlike diere opgemerk te word nie. “Indien stropers moeti wil bekom, moet dit lei tot hulle inhegtenisname.” Nagenoeg 500 tradisionele genesers van Limpopo en Mpumalanga het by die Skukuza-stadion bymekaargekom om hulle teenkanting teen renosterstropery te wys.
Intussen is twee stropers Vrydag tot 29 jaar tronkstraf elk gevonnis. Allie Nkuna (25) en Gerson Khoza (35) is die vonnis opgelê nadat hulle ʼn dragtige renosterkoei en haar kalf in die Krugerwildtuin vir hul horings doodgemaak het.