Krugerpark wil moeti gebruik om stropers te vang

Foto: www.rhinoconservation.org

Die Krugerwildtuin sê tradisionele genesers moet saam met die teenstropingseenheid werk om renosterstropers vas te trek.

Dr. Abe Sibiya, uitvoerende direkteur van die wildtuin, sê meeste van die stropers wat in hegtenis geneem is beweer hulle het moeti gebruik om nie deur veldwagters en gevaarlike diere opgemerk te word nie. “Indien stropers moeti wil bekom, moet dit lei tot hulle inhegtenisname.” Nagenoeg 500 tradisionele genesers van Limpopo en Mpumalanga het by die Skukuza-stadion bymekaargekom om hulle teenkanting teen renosterstropery te wys.

Intussen is twee stropers Vrydag tot 29 jaar tronkstraf elk gevonnis. Allie Nkuna (25) en Gerson Khoza (35) is die vonnis opgelê nadat hulle ʼn dragtige renosterkoei en haar kalf in die Krugerwildtuin vir hul horings doodgemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.