Krugersdorp-moord: Verdagtes vrygelaat

Alyssa Botha

Die vyf mans wat vir die moord op die 13-jarige Alyssa Botha van Hoërskool Monument in Krugersdorp, in hegtenis geneem is, is weer op vrye voet.

Alyssa, haar ouer suster, Megan, en pa, Anton, is verlede Woensdag omstreeks 19:00 by hul huis in Rietfontein, Muldersdrif, deur ʼn groep mans aangeval. Alyssa is tydens die voorval doodgeskiet. Anton en Megan is ernstig gewond. Slegs hul selfone is tydens die voorval geroof. Vier mans van Zimbabwe en ʼn Suid-Afrikaner is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat ʼn geheuekaart wat aan een van die meisies behoort het, in een van die mans se besit gevind is. Die mans het Donderdag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.

Luitenant-kolonel Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die mans is deur die hof vrygelaat omdat daar nie bewyse is wat hulle met die moord verbind nie. Mogale sê die polisie ondersoek steeds die saak en gaan fokus op hoe een van die mans die kaart in die hande gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rudeman ·

jammer vir die wat ek nou gaan se maar dit moet van die hart af kom…. hul wat moort pleeg, aan rand, ryp en dan wil ek nie eers praat vaan die ander misdade nie hulle is nie mense nie hulle is klomp barbare, kyk soos daai 2 oumense wat weer laas week op die plaas vermoor is dood gekap met n byl en n gaaf. dis nie mense nie dis klomp barbare, en ek raak moeg vir sulke goed iemand moet drasties daar aan doen, ek heg paar web sites aan gaan kyk gerus na dit en ek stem saam met dit wat daar gehoor word lekker dag verder aan almal

http://www.youtube.com/watch?v=aasMbwKFtes&feature=g-vrec
http://www.youtube.com/watch?v=SPp5LrG1t5I&feature=related
http://www.youtube.com/watch?v=17m8OnHC7dQ&feature=related
http://www.youtube.com/watch?v=CfrR5lAxXV0&feature=related

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.