Krugersdorp-skoolmeisie sterf tydens rooftog

ʼn 13-jarige skoolmeisie van Krugersdorp is dood, en haar suster en pa ernstig gewond nadat hulle Woensdagaand by hul huis op ‘n hoewe in Muldersdrift aangeval en geskiet is. Die twee meisies is albei leerlinge aan Hoërskool Monument.

Volgens kaptein Pinky Tsinyane, ʼn polisiewoordvoerder, het vier verdagtes die slagoffers oorval. “Na wat verneem word, is slegs hulle selfone tydens die voorval gevat,” het Tsinyane gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.