Krugersdorp-vrou vermis

Die polisie is op soek na ʼn vermiste vrou, Anet Reynolds (56), van Krugersdorp. Reynolds is Donderdag omstreeks 17:30 vir die laaste keer gesien. Sy bestuur ‘n silwer 3-reeks BMW met registrasienommer CD 17ZV GP. Reynolds is skraal, het kort blonde hare en weeg 65kg. Sy het ʼn denim, roomkleurige bloes en tekkies aangehad toe sy die laaste keer gesien is en het net haar beursie by haar gehad. Mense met inligting oor waar sy haar mag bevind, kan die Krugersdorp-polisie skakel op 011 951 1152.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.