Krugersdorpse skoolmeisie wat doodgeskiet is, se naam bekend

Alyssa Botha

Die 13-jarige skoolmeisie van Krugersdorp wat Woensdagaand doodgeskiet is, se naam is bekend gemaak. Alyssa Botha, ʼn graad-8 leerling aan Hoërskool Monument, is Woensdag omstreeks 19:00 by haar ouerhuis in Rietfontein, Muldersdrif, tydens ʼn aanval doodgeskiet. Haar pa, Anton, en ouer suster, Megan, is tydens die aanval ernstig gewond.

Volgens kaptein Pinky Tsinyane, ʼn polisiewoordvoerder, het vier verdagtes die slagoffers oorval kort nadat hulle by hul huis op ʼn kleinhoewe aangekom het. Die ma het skote gehoor en die bure se hulp ontbied. Toe die bure op die toneel kom, is die drie slagoffers langs hul voertuig aangetref. Alyssa is op die toneel dood. Anton en Megan is na die Krugersdorp-hospitaal gehaas.

“Na wat verneem word, het die verdagtes slegs hul selfone gevat,” het Tsinyane gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mienie le Roux Erasmus ·

Wat ‘n tragedie dat lewe in SA so goedkoop geword het nie! Die enigste lewensversekering wat ewigheidswaarde het, is GELOOF, HOOP EN LIEFDE wat alleen deur VERGIFNIS en die versoeningsboodskap van Jesus Christus ‘n werklikheid kan word.

NeverTooWhite ·

Vergifnes se dinges….gaan lees self Die Bybel, nie net luister na jou dominee.

Clifford ·

Vrergifnis nie teenoor moordenaars nie. Hulle verdien die ewige straf.

Oumaraai ·

Ek stem – vergifnes se dinges …. ek het self ‘n pragtige kleindogter van 13. dink nie ek het nodig om verder iets te së nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.