Krugerwildtuin-bewaarder stabiel ná skietgeveg

Andrew Desmet. Foto: Facebook

Andrew Desmet, ʼn wildbewaarder wat Vrydagaand geskiet en gewond is tydens ʼn operasie om vermeende stropers in die Krugerwildtuin aan te keer, is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.

William Mabasa, ʼn woordvoerder van SANParke, het Maandag gesê Desmet is stabiel, maar is steeds in ʼn Nelspruitse hospitaal se intensiewe sorgeenheid.

Maroela Media het Saterdag berig Desmet is Vrydagaand gedurende die gesamentlike operasie tussen SANParke en die weermag in die maag geskiet. Hy is per helikopter na die hospitaal geneem waar hy ʼn noodoperasie ondergaan het.

In ʼn aparte voorval Vrydagaand het daar ook ʼn skietgeveg tussen nog ʼn groep wildbewaarders en vermeende stropers uitgebreek sowat 2km van waar Desmet geskiet is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.