“Kruiedokter” agter tralies

ʼn Ongekwalifiseerde “kruiedokter” wat homself as ʼn algemene praktisyn in Hartswater voorgedoen het, het Maandag in die dorp se landdroshof verskyn op ʼn aanklag van bedrog.

Beeld berig Gert Meyer is Donderdag in hegtenis geneem terwyl ʼn pasiënt by sy onderneming behandel het. Die polisie het beslag gelê op 100 pasiëntlêers, doodsertifikate, x-trale en voorgeskrewe medisyne.

Staatsaanklaer Karen Gul het die hof gevra om die saak vir twee weke uit te stel sodat ondersoekbeamptes kan vasstel hoeveel geld Meyer uit sy pasiënte gemaak het.

Conrad Bester, Meyer se prokureur, het gesê sy kliënt is al sedert Donderdag in die tronk en voer aan dié inligting kon oor die naweek ingevorder geword het. Landdros Vincent Jameson het die saak tot 19 Februarie uitgestel, wanneer Meyer om borgtog aansoek sal kan doen.

– Sapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.