Kry mediadekking vir jou besigheid; aanlyn werkswinkel wys jou hóé

skryf-skryfnet-boek-studio32.jpg

Foto: studio32/pixabay.com

Is jou bemarkingsbegroting beperk? Wil jy meer mediablootstelling vir jou kliënte, besigheid, organisasie of projek gee? Is jy onseker hoe jy met joernaliste kan skakel om jou onderneming in die nuus te kry?

Dan is Skryfnet se aanlyn oggendwerkswinkel, Skryf ’n mediaverklaring, jou antwoord.

Mediaverklarings is ’n slim, maklike en gratis manier om blootstelling vir jou onderneming of organisasie te kry. Al wat jy nodig het, is iemand om jou te wys hóé.

Hierdie kursus rus van entrepreneurs tot kommunikasiekundiges toe met kennis en praktiese vaardighede om met joernaliste te skakel, nuuswaardige stories te identifiseer en inligting te verpak sodat dit nuusredakteurs en joernaliste se aandag trek.

Dr. Thalyta Swanepoel het dié praktiese werksessie ontwikkel en is ook die aanbieder. (foto verskaf)

Die kursus word aangebied deur dr. Thalyta Swanepoel van die Noordwes-Universiteit. Maroela se inhoudsredakteur, Esté Meyer-Jansen, sal ook waardevolle wenke gee.

As jy ʼn kommunikasiepraktisyn of entrepreneur is wat graag vir jou kliënte of besigheid meer blootstelling wil gee, is hierdie werkswinkel ʼn móét.

Alhoewel dit in Afrikaans aangebied word, kan die vaardighede wat jy leer ook nuttig te pas kom in Engels.

Die regstreekse sessie vind plaas op 20 Oktober 2023 van 09:00 tot 13:00.

Besighede wat vyf of meer personeellede inskryf, staan die kans om ʼn Maroela Media-advertensieveldtog ter waarde van R30 000 te wen. 

Klik hier om jou plek te bespreek. Sodra jy registreer, sal jy ’n e-pos met meer inligting oor die sessie ontvang.

Deelnemers wat die werkwinkel voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Skryfnet.

Inskrywings sluit op 18 Oktober 2023 en die koste beloop R500 per persoon. Afslag is beskikbaar vir groepbesprekings.

Besoek ook Skryfnet se webblad vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.