Kry solank jou e-tolskyfie, sê Sanral

Motoriste moet solank reg maak vir die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë deur solank e-tolskyfies aan te skaf, het Sanral versoek.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Sondag in ʼn verklaring gesê die e-tolstelsel tree in die nabye toekoms in werking. “Motoriste moet nie versuim om e-tolskyfies aan te skaf en vir e-tol te registreer nie,” het Vusi Mona, ʼn woordvoerder van Sanral, gesê.

“Motoriste moet nie verward raak met die hofsake wat onderweg is oor die e-tolstelsel nie.” Hy het bygevoeg dat die e-tolstelsel in Gauteng nie meer regtelik betwis word nie.

“Die wettigheid van ooppad-tol in Gauteng is deur die konstitusionele hof beklink toe die hof in September verlede jaar die tussentydse interdik opgehef het wat Sanral verhoed het om die e-tolstelsel in Gauteng in werking te stel,” het Mona bygevoeg.

Verskeie organisasies, onder wie Cosatu, het die stelsel veroordeel. Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol, Outa, se appélaansoek oor die stelsel word in September in Bloemfontein aangehoor.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Iets se vir my mense koop nie die skyfies nie, want as daar al baie motoriste was wat gekoop het sal Sanral nie so aanhoudend smeek dat ons die skyfies moet koop nie. Ek het geen planne om een te koop nie en ook geen planne om die e-tolboetes te betaal nie. Ek betaal elke keer wanneer ek ‘n enkele liter brandstof in my motor gooi, vir daai paaie, so hoekom moet ek nog weer daarvoor betaal deur e-tol. HKGK as ek reg verstaan gaan die e-tolboetes deur Arto bedryf word. Wat ‘n grap Arto kan nie eers die boetes vir Johannesburg en Pretoria hanteer nie, hoe wil hulle nog die miljoene motoriste deur e-tolhekke hanteer!!

JB ·

Ek sal NIE skyfie koop nie. Hul sal eers moet moeite doen en die boete by my huis kom aflewer en ek vir hom teken.

piet ·

E-TOL SKYFIE SE MOER, EK EN MY GESIN SAL NIE DIE GEMORS KOOP NIE. DAAR IS REEDS BELASTING OP BRANDSTOF. DIT IS NET NOG N MANIER OM N SOUS TREIN AAN DIE GANG TE HOU.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.