“Kubaanse aanstellings ʼn teken van mislukte regstellendeaksiemodel”

regstellende aksieDie aankondiging deur Edna Molewa, minister van waterwese, dat 34 ingenieurs wat uit Kuba afkomstig is voorkeurindiensneming in die openbare sektor sal geniet, is ʼn erkenning van die mislukking van die huidige regstellendeaksiemodel, het die vakbond Solidariteit Dinsdag gesê.

Volgens Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het die omvang van die regering se pogings om die aanstelling van wit mense in die staatsdiens te beperk, ʼn nuwe laagtepunt bereik. “Solidariteit het al telkemale in die verlede gemaan dat die regering se onwrikbare verbintenis tot rasgebaseerde demografiese verteenwoordiging tot die ineenstorting van die uitvoerende vermoë in die openbare sektor sal lei. In plaas daarvan om regstellendeaksievereistes te skrap ten opsigte van aanstellings waar kritieke vaardighede benodig word, voeg Molewa skande by skade deur voorkeurbehandeling te gee aan Kubaanse ingenieurs wat geen ondervinding van plaaslike toestande het nie.”

Groenewald sê hierdie situasie is moontlik een van die mees heldere aanduidings tot op hede dat posisies in noodsaaklike dienste, wat een of meer van die regte soos vasgelê in die Grondwet raak, van regstellendeaksievereistes vrygestel moet word.

Die regering se aandrang dat te min ingenieurs beskikbaar is of belangstel in die posisies wat geadverteer word, onderstreep bloot die werklikheid van ʼn gebrekkige vaardigheidspyplyn wat die gevolg van ʼn disfunksionele openbare onderwysstelsel is. “Nie naastenby genoeg swart ingenieurs kwalifiseer om aan die vereistes van ʼn beleid van rasseverteenwoordiging te voldoen nie. Die regering se werwing van Kubaanse ingenieurs is ʼn erkenning dat dit tans onmoontlik is om regstellende aksie toe te pas sonder om dienslewering te benadeel. As hulle ernstig is daaroor om die probleme in die openbare sektor aan te pak, sal die regering hul verbondenheid tot die huidige regstellendeaksiemodel dringend moet heroorweeg,’ sê Groenewald.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Goeie genugtig moet die wittes in hierdie land al terugstaan vir Afrika se spul wat nie werk in hul eie lande kan kry nie. As dit nie dokters uit Kenia is nie, dan is dit onderwysers uit Zimbabwe of ingenieurs uit Kuba. ‘n Regering se eerste verantwoordelikheid le tot sekerlik by sy eie land se mense veral ‘n land wat met ‘n werkloosheidsyfer van meer as 26% sit. Nou voer hulle swartes van Kuba af in om hul regstellende aksie balans te behou in plaas daarvan om die werk vir goedopgeleides en mense met jare se ondervinding met ‘n wit vel aan te stel. Dit is nou wat ek sommer plein domastrant noem

Jasper ·

Blankes word lankal nie meer gereken in die land nie. Hierdie is maar net n deeltjie van die spul se plan met ons. Wigte en teenwigte ??????? Blankes was heuning om die mond gesmeer en riool in die bek geprop. Dankie Vader ek het nie geval vir daardie heuning nie.

Gawie Botha ·

Die Blankes van Suid Afrika het nie die regte opleiding om vir die Staat naamlik die meerderheidsregering, volgens die’ se voorskrifte n diens te kan lewer op die “Afrika” manier,,,!!!!!

Maggie ·

Domastrant verby, petisies teen die beesmis minister se besluit, ek sien dit werp vugte af in ander lande.

scs ·

Wonder hoe goed is die bestuur van water in Kuba.?Hoop hulle kry iets reg as hulle hierdie spul te hulp snel.Al is dit net om dit in hulle koppe in te kry dat mens nie in of naby jou drinkwater of die visse s’n moet bollie nie.

wllie ·

Sarie, al verantwoordelikheid wat onse regering het is teenoor hhulle self. Vir die res van die bevolking voel hulle n veer.

johan ·

irronies dat dienslewering in die laaste 20jaar van demokrasie so uitgerafel het so asof die in posisies nie die werk kan doen nie,die regerings beleid veroorsaak ook dat blankes nie verder wil studeer nie want hulle word op ras posisies geweier,daar was nog nooit oor dienslewering betoog soos die laaste 5 jaar nie – waarom ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.