Kuberkraker teister ANC-webwerf

Die ANC se webwerf was Vrydagoggend vir ʼn ruk lank afgeskakel nadat dit vermoedelik deur ʼn kuberkraker van Zimbabwe wat homself “Anonymous” noem, aangeval is.

“Die ANC verneem dat ʼn kuberkraker, met die gebruikersnaam Anonymous en wat aanvoer dat hy die wettige verteenwoordiger van die mense van Zimbabwe is, die organisasie se webwerfbediener Vrydag oorweldig het. Dit het veroorsaak dat die webwerf ineengestort het,” het Jackson Mthembu, nasionale woordvoerder van die ANC, in ʼn verklaring gesê.

Pogings om voor 12:00 toegang tot www.anc.org.za te verkry was vrugteloos en slegs ʼn foutboodskap is vertoon. Teen 12:30 was die probleem herstel en was die webwerf weer beskikbaar.

Mthembu het gesê die aanval op die webwerf was “’n doelbewuste aanval op ons stelsel” en sabotasie.

Die bediener wat die webwerf aan die gang hou word deur verskeie rekenaars geteiken en met verkeer oorlaai totdat die bediener ineenstort.

Hy het gesê die ANC se webwerfbestuurspan kyk wat hulle kan doen om die webwerf se veiligheid te verbeter sodat so ʼn aanval nie weer kan plaasvind nie.

Volgens Mthembu sal die ANC en die Suid-Afrikaanse regering voortgaan om saam met die Zimbabwiese regering te werk om ‘n blywende oplossing vir die land se probleme te vind.

“Die ANC sal nie afgeskrik of ontspoor word deur enige pogings om te help waar dit versoek word nie, hetsy dit in Zimbabwe of elders op die vasteland is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

ag my fok die vertraagde bosape kan ni eers ons eie land se probleme oplos ni, nou gaan steek die donners hulle neuse in i klaar opgefokte land in, wat wil hulle daar bereik? dit verder oivok?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.