ʼn Kuberkraker het daarin geslaag om in Oscar Pistorius se boetie, Carl, se Twitter-rekening in te gaan om namens Oscar te twiet.
Een van die twiets: “Thank-you to every person that has prayed for both families, Osca” [sic] is vroeër vandag op Carl se naam uitgestuur. Dit is nog nie in die stadium bekend of nog twiets uitgestuur is nie.
Janine Hills, Pistorius se woordvoerder, het Saterdagmiddag gesê dit is baie jammer dat iemand in hierdie sensitiewe tyd dit reggekry het om tot Carl se rekening toegang te kry. “Carl het glad nie vandag getwiet nie, uit respek vir Oscar en Reeva. Ons is besig om albei Oscar se broer en suster se sosialemediarekeninge te kanselleer,” het Hills gesê. Die twiet is moontlik ‘n groot probleem omdat enigiets wat Oscar nou sê, sy moordsaak kan benadeel.
Carl se rekening was reeds teen 18:00 verwyder.