Kunene bedank uit EFF

Kenny Kunene tydens die bekendstelling van EFF op 11 Julie 2013 Foto: Werner Beukes/SAPA

Die sakeman Kenny Kunene het bedank as lid van die Economic Freedom Fighters (EFF), het die party Maandag gesê.

“Hy was ‘n aangename man om mee saam te werk,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder vir die EFF, in ‘n verklaring gesê. “Ons was veral beïndruk met sy charisma, vreesloosheid en wysheid om ingewikkelde uitdagings te ontrafel.”

Die party het verlede week bewerings dat Kunene bedank het, ontken. “Kunene is nie weg uit die party nie, hy het net versoek om van sy leierskapverantwoordelikhede verlig te word,” het Ndlozi in daardie stadium gesê.

Volgens berigte het Kunene bedank as hoof van veldtogte, mobilisasie, en spesiale projekte.

Ndlozi het Maandag gesê die EFF sal graag in die toekoms weer saam met hom werk. “Ons wens hom alles van die beste toe met sy planne, veral met die onmiddellike uitdaging wat hy aanvaar het om die bende-oorlog in Kaapstad te help oplos,” het Ndlozi bygevoeg. “Ons is veral dankbaar dat hy toegewy bly aan die land en om die land te maak werk, veral in die gees van die radikale ekonomiese geregtigheid wat in die beleide van die EFF vervat is.”

Kunene het in Julie gesê hy tree voltyds tot die politiek toe as lid van die EFF, wat deur die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, gelei word. Kunene het ‘n ope brief aan pres. Jacob Zuma gerig voordat hy by die EFF aangesluit het, waarin hy sy leierskap kritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Was net ‘n kwessie van tyd !

Nou is Malema se finansiele hupstoot kwyt …

Sushi-vreter sal seker ook terugkeer na sy kaalgat-aanhangsels.

Erich Goosen ·

Ou Kenny was onder meer hoof van ‘spesiale projekte’ van die Red berets. Ek dink dis waar die skeuring gekom het. Ou Kenny wou sushi by hul ooreenkomste voorsit maar die Groot Red Beret het gese nee, ons hou by opap en vleis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.