Kunsspeurders het miskien langverlore Da Vinci-skildery opgespoor

Die Da Vinci-skildery is moontlik agter Giorgio Vasari se "Stryd van Marciano" in die Palazzo Vecchio versteek Foto: Marco Bucco (Reuters)

Kunsspeurders het Maandag het glo spore van ʼn Leonardo da Vinci-kunswerk agter ʼn versteekte muur in ʼn paleis in Florence opgespoor wat in meer as vier eeue nie gesien is nie.

Die spore is versamel met piepklein vogmeters wat in die muur, wat die oorspronklike oppervlak in ʼn uitspattige saal in die Palazzo Vecchio bedek, ingedruk is. Die spore het glo ook swart pigment wat in Leonardo se Mona Lisa gebruik is, bevat, het projekorganiseerders gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.