Kunstenaar praat oor ET-skildery

Foto: Sowetan

Net na die stof om die omstrede Zuma-skildery begin sak het, dreig ʼn kunswerk wat Eugene Terre’Blanche saam sy moordenaar uitbeeld, om ʼn nuwe storm te ontketen.

Die Sowetan het Donderdag ʼn onderhoud met die kunstenaar van dié skildery, Vusi Beauchamp, gedra.

Die skildery beeld Terre’Blanche uit met sy moordenaar, Chris Mahlangu, wat op sy skoot sit terwyl die AWB-leier die Bybel vashou. Beauchamp het glo die skildery al in Februarie geverf vir ʼn kunsuitstalling, The State of Chakra, wat in Augustus gaan plaasvind. Die kunstenaar, wat bekend is vir sy uitdagende en emosionele kunswerke, het aan die koerant gesê sy belangstelling in die AWB-leier se moordsaak het hom geïnspireer.

Hy het gesê die skildery bevraagteken die moontlikheid van Mahlangu se sodomie-aantygings. “Ek weet die hof het geen bewyse van sodomie gekry nie, maar ek het gewonder – wat as die seksuele dade wel gebeur het? Enigiets is moontlik,” het hy gesê.

Vusi Beauchamp

John Vlismas

“Ek het Terre’Blanche uitgebeeld wat die Bybel lees, want ons almal weet regses beweer altyd hulle is bo swart mense verhewe,” het Beauchamp gesê. “In my skildery is die Bybel ʼn teken van krag. Regses gebruik die Bybel om rassisme te regverdig.”

Volgens Beauchamp gaan sy uitstalling oor hoe die “siektes van die verlede die mense van vandag raak”. Hy het voorts gesê die kunswerk is reeds deur die komediant John Vlismas gekoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mike ·

Lyk vir my meer soos ‘n witman wat hom ontferm het oor ‘n weggooi swartkind en hom iets probeer leer uit die bybel uit omdat hy nie self kan lees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.