Kunstenaar se vrou, dogter sterf in R21-ongeluk

Piet Grobler. Foto: Facebook

Die kunstenaar Piet Grobler se vrou en 10-jarige dogter is gister dood in ʼn ongeluk op die R21 naby die Olifantsfontein-afrit.

Volgens Reint Dykema, ʼn neef, het Piet se broer Diek die gesin gisteroggend na die OR Tambo-lughawe geneem toe die ongeluk plaasgevind het. Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare911, sê die motor het blykbaar onklaar geraak en langs die pad gaan staan. ʼn Bakkie het glo van agter in hul motor gebots en Piet se vrou Marie en dogter Catherina, wat agter in die motor gesit het, is ernstig beseer. Hulle is per helikopter na die Charoltte Maxeke-hospitaal geneem maar het kort na hul aankoms aan hul beserings beswyk. Piet, Diek en die twee insittendes van die bakkie is ook in die ongeluk beseer. Dykema sê Piet is in die Steve Biko-hospitaal opgeneem. “Goeie vriende van Piet is saam met hom en help hom om die verlies te verwerk. Dar die familie in jul gebede.” Diek is intussen in die Pretoria Oos-hospitaal opgeneem waar hy vir ʼn rugbesering behandel word. “Hy het sy rug seer gemaak en is in baie pyn. Sy lewe is egter nie in gevaar nie,” sê Dykema. Piet en sy gesin woon in Engeland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.