Kunstenaars steun Scotts en seun

Darren Scott en sy seuntjie Mark. Foto: Facebook

Kurt Darren, Dozi, Heinz Winckler en Nicholis Louw is van die kunstenaars wat later die maand sal optree by ʼn geldinsamelingsgeleentheid vir Darren en Sarah-Kate Scott se seun, Mark, by wie kanker verlede maand gediagnoseer is.

Pieter Koen, Jan Blohm, Adam Tas en Ray Dylan is van die ander kunstenaars wat op 29 April by Dozi’s Back to the Roots in Hartbeespoortdam sal optree om geld in te samel vir Mark se kankerbehandeling. Nierkanker is verlede maand by die Scotts se 16 maande oue seuntjie gediagnoseer. Die egpaar het egter nie die nodige fondse vir hul seun se behandeling nie. Einde verlede maand het sportsterre, musikante en sakelui hul steun gewys by ʼn gholfdag ten bate van Mark. Volgens berigte is nagenoeg R600 000 tydens die geleentheid ingesamel. Mark het reeds chemoterapie begin ontvang terwyl daar gewag word op die uitslag van toetse om te bepaal of die gewas op sy nier chirurgies verwyder kan word. Scott het verlede September as aanbieder by SuperSport- en Jacaranda 94.2 bedank weens die storm wat ontstaan het nadat hy ’n kollega glo die k-woord toegesnou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.