Kurt Darren kom moontlik tot hond se redding

Die Groot Gat by Kimberley

Die Groot Gat by Kimberley

Die sanger Kurt Darren het Vrydag aangebied om te betaal vir ‘n helikopter om ‘n hond, wat in die Groot Gat by Kimberley beland het, te red.

Verskeie reddingspogings is al van stapel gestuur om die hond, wat glo al vir ‘n paar dae lank in die water vasgekeer is, te red. Volgens ER24 is die grond telkens te los om ‘n behoorlike ankerpunt te vind.

Tydens die eerste reddingspoging was die toue te kort om in die gat, wat sowat 200m diep is, af te sak.

Kurt het op Twitter met ER24 in verbinding getree. “Ek en my vrou sal betaal,” het hy geskryf.

Die hond, wat in die gat beland het nadat hy moontlik dassies in die omgewing gejag het, kan op ‘n klip uitklim om kort-kort te rus. Die water is nie giftig nie, en dit het waarskynlik tot dusver sy lewe gered.

Lees ook:
Reddingspoging ná hond in groot gat beland

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Deana ·

Dankie vir jul goedhartigheid, hoop om so gou moontlik te hoor die hond is gered.

Max ·

Wonderlike daad wat jy wil doen Kurt,het sommer baie respek vir jou gekry.

delene ·

Min bekende mense of selfs gewone mense sal so vrygewig wees. Weereens n bewys dat geld nie alles is nie. Jy en jou vrou is stunning verby. Jy sal geseen word

Heidi ·

Hierdie storie gryp my so aan die hart! Ek bid regtig dat die hond veilig na boontoe gebring sal kan word. Baie dankie vir al die pogings van die reddingswerkers en ook aan Kurt & Dunay.

Amelia ·

Mag julle tonne seen ontvang vir julle goedhartigheid. Ek bid vir elkeen betrokke.

Louise ·

Ek dink Kurt en sy vrou is absoluut stunning, dankie dat daar nog sulke mense is wat so lief is vir diere soos Kurt, ek is ‘n groot bewonderaar van hom en sal altyd bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.