Kurt Darren: Lugsakke het nie ontplooi nie

Kurt Darren

Die voorste lugsakke van die voertuig waarin Kurt Darren en sy vriende Saterdag gereis het, het glo tydens die ongeluk nie ontplooi nie, het Beeld Woensdag berig.

Dit is slegs die lugsak in die linkerkantste voordeur van die Toyota Fortuner, waar Kurt gesit het, wat ontplooi het.

Beeld het ʼn foto van die wrak gepubliseer wat aandui dat die voorste lugsakke nie ontplooi het nie.

Kurt se familie sê hulle vermoed dat dit die rede is waarom hy ʼn hou teen die kop gekry en moontlik sy optiese senuwee beskadig het, aangesien hy sedert die ongeluk steeds sukkel om te fokus. Hy het ook agt ribbe in die ongeluk gebreek. Hy sterk aan in die Milpark-hospitaal in Johannesburg.

Kurt se broer, Darren van Heerden, het Dinsdag op sy Facebook-blad aangedui dat die breinskandering aangetoon het dat daar geen probleme of skade is nie.

Leo Kok, woordvoerder van Toyota Suid-Afrika, het gesê die maatskappy het nog nooit ʼn voertuig gehad waarvan die lugsakke nie ontplooi het toe dit nodig was nie. “Daar is verskeie vereistes vir ʼn lugsak om tydens ʼn ongeluk te ontplooi,” het Kok gesê. “Die krag en hoek van die impak en die posisie van die voertuig sal bepaal watter lugsakke moet ontplooi, indien enige. Sonder om die voertuig te analiseer is dit onmoontlik om te bepaal watter faktore ʼn rol gespeel het.”

-SAPA

Lees ook:
Kurt steeds in intensiewe sorg
Dunay dankbaar vir ondersteuning
Kurt Darren ernstig beseer ná motorongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Melissa ·

Ek hoor van al hoe meer Fortuners wat al gerol het en vreeslik top heavy en onveilig is! My een pel het sy fortuner ook gerol en geen lugsakke het ontplooi nie. Klink my dis maar ‘n onveilige kar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.