Kurt Darren met die dood gedreig

Kurt Darren. Foto: Facebook

Die sanger Kurt Darren is glo Maandagmiddag in ʼn rolprentteater in Oos-Londen met die dood gedreig.

AlgoaFM berig dat Darren Maandagmiddag die rolprent Expendables gekyk het toe drie mans die rolprentteater binnegekom en ontwrigtend opgetree het. Darren het die drie mans glo gevra om kalm te raak toe een van die mans glo gedreig het om hom dood te maak. Volgens Darren het die drie mans hom agtervolg nadat die rolprent geëindig het. Die mans het glo die hasepad gekies nadat ʼn veiligheidsbeampte by ʼn boekwinkel ingegryp het. Darren het die drie mans as “hoog op dwelms” beskryf. Darren het na die voorval op Twitter gesê: “Ok, seriously!! Nounet Expendables gekyk in Oos Londen,en na die aksie fliek wil drie dwelmbesmette stêrkmanne my aanvat!!Hulle is weggeneem.” Joseph Parsley, bestuurder van die Vincent Park-winkelsentrum, het die voorval bevestig.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.