Kurt Darren se pa oorlede

Die sanger Kurt Darren se pa is Saterdag oorlede.

Darren het vroeër vandag op Twitter gesê: “My liewe pa is nounet oorlede, my hart is gebreek, hy het so hard baklei. Al my vriende en musikante orals was baie lief vir hom RIP.” Darren se vrou, Dunay Nortjé, het op Twitter geskryf: “My dierbare man se pa is netnou oorlede na ñ lang stryd met emfiseem, dra hom en die hele familie op in my gebede!!! My hart is stukkend!!.” Medelye het intussen ingestroom op Facebook en Twitter. Darren het ook sy aanhangers bedank vir hul ondersteuning. “Baie dankie vir al jul boodskappe, ons waardeer rêgtig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.