Kurt Darren se vrou sien hom vir die eerste keer ná ongeluk

Dunay by al die beterskapkaartjies en blomme Foto: @dunaynortje op Twitter

Kurt Darren se vrou, Dunay van Heerden, het Woensdag in Johannesburg geland ná haar vakansie oorsee.

“By my engel in die hospitaal, hy’s in baie pyn, maar jul boodskappe en gebede van orals af dra hom! DANKIE!” het Dunay op haar Twitter-blad geskryf. Sy het ook die aangehegte foto opgelaai waar sy by al die blomme en kaartjies staan wat Kurt sedert sy motorongeluk in die Milpark-hospitaal in Johannesburg ontvang het.

Sy het ook op Twitter vertel van die uitmergelende vlug en dat sy op die lughawe in Athene sommer in trane uitgebars het.

Kurt en twee vriende, Marnus Bisschoff en Nadia van Rensburg, was Saterdagaand op die Kameelfontein-pad buite Pretoria in ’n ongeluk nadat hul voertuig in ’n rivierbedding beland het.

Die breinskandering wat onlangs gedoen is, het getoon dat Kurt geen skade opgedoen het nie.

Lees ook:
Kurt Darren: Lugsakke het nie ontplooi nie
Kurt steeds in intensiewe sorg
Dunay dankbaar vir ondersteuning
Kurt Darren ernstig beseer ná motorongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Joey Odendaal ·

Sterkte Dunay, vir jou en Kurt, ons bid saam vir sy spoedige algehele herstel! Liefde-groete xxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.