Kurt Darren sterk aan ná ongeluk

Kurt Darren

Kurt Darren is van die intensiewesorgeenheid na die hoësorgeenheid oorgeplaas in die Milpark-hospitaal in Johannesburg.

“Sedert die ongeluk verduur Kurt nog baie pyn en haal hy moeilik asem,” het Louis van Wyk, Kurt se bestuurder, gesê. “Hy sukkel steeds met dubbelvisie en korttermyngeheueverlies weens die harde stamp teen sy kop wat hy in die ongeluk opgedoen het.”

“’n Breinskandering het egter getoon daar is geen skade nie,” het Van Wyk bygevoeg. “Ons is elke dag positief oor sy vordering.”

Kurt was Saterdagaand saam met twee vriende in ‘n motorongeluk op die Kameelfontein-pad in Pretoria nadat hulle vir ‘n aankomende voertuig moes uitswaai.

“Kurt sal ten volle herstel van al sy beserings en sal binnekort weer op die verhoog wees.”

Volgens Van Wyk is Kurt se optredes, wat tot einde Julie geskeduleer is, uitgestel.

Dunay, Kurt se vrou, het haar oorsese vakansie kortgeknip om aan haar man se sy te wees. “Ek sou nêrens anders op hierdie stadium in die wêreld wou wees, as hier langs my man nie,” het sy gesê.

“Baie dankie vir al die goeie wense en gebede. Dit maak hom elke dag nog sterker. Die kaptein sal weer sy seile span!” het Van Wyk gesê.

Lees ook:
Kurt Darren se vrou sien hom vir die eerste keer sedert sy ongeluk
Kurt Darren: Lugsakke het nie ontplooi nie
Kurt steeds in intensiewe sorg
Dunay dankbaar vir ondersteuning
Kurt Darren ernstig beseer ná motorongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.