Kurt gaan nie skei

Kurt Darren

ʼn Plakkaat op lamppale het gister vir groot ontevredenheid en onsekerheid gesorg onder die sanger Kurt Darren se aanhangers.

Die plakkaat van die koerant Sondag het gelees: ‘Kurt’ gaan skei. Die plakkaat het verwys na ʼn artikel in die koerant oor die sanger en akteur Matt Stern, wat Kurt Conradie gespeel het in 7de Laan, en sy vrou wat gaan skei. Die opskrif het egter vir ontevredenheid en onsekerheid gesorg onder die sanger Kurt Darren, sy aanhangers sowel as sy vrou, Dunay. Darren het op Twitter gesê: “Ek dink dis siek dat die Sondag tabloid my naam misleidend gebruik in ‘n “skei storie” om koerante te verkoop, so lafhartig!!” Dunay het op haar Facebook-blad gesê: “…hulle skryf dit opsetlik so om mense te mislei!!!! Ek sal dit mos verloor!!!!!” Talle aanhangers van die glanspaartjie was geskok oor die “nuus” en het hulle misnoeë op sosiale netwerke uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hein ·

Roekelose opskrifte soos hierdie sterk diegene se hand wat vir media ‘n muilband wil opsit.
Siek van Sondag om so onverantwoordelik te wees. Die mense moet grootword.
As ek Kurt is dagvasr ek hulle vir naamskending, en dan hoop ek sommer hy maak hulle toe

Amanda/Sindy ·

Stuur hulle treinspoor toe. Maak net seker daar loop heelwat treine.

Waarom moet die media altyd ander se lewens so versuur met leuns??

My gesonde verstand sê koop nie gou weer die ou liegbêl nuus “konkoksie”.

Vat aan ‘n man se sak laat gewoonlik koppe rol. Wie is hy of sy wat so blatant lieg!!!!

Siessa vir jou,jou gemene mens!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.