Kurt maak reg vir eerste optrede ná ongeluk

Kurt Darren

Kurt Darren is besig om reg te maak vir sy eerste optrede sedert hy Sondag, 7 Julie in ʼn ernstige ongeluk betrokke was.

Kurt is een van die handjievol Suid-Afrikaanse kunstenaars wat deur die minister van kuns en kultuur, Paul Mashatile, gekies is om Saterdag by die FNB-stadion tydens die eerste Nelson Mandela Sport en Kultuurdag op te tree.

Hy sal die verhoog deel met onder andere DJ Black Coffee, Zahara, Toya Delazy, Mafikizolo, DJ CNDO, Yvonne Chaka Chaka en Salif Keita. Ander kunstenaars sluit David Jenkins, Mahotella Queens, Umoja, Gcina Mhlophe, DJ Alessandro, Wouter Kellerman, Naima Mclean, Elvis Blue and 1st Project in.

Die minister het gesê die Nelson Mandela Sport en Kultuurdag, wat ʼn jaarlikse instelling gaan word, word gehou om oud-pres. Nelson Mandela se nalatenskap te vereer.

Kurt se broer, Darren, het Woensdag aan JacarandaFM gesê Kurt is aan die oefen, en alhoewel hy nog seer het, gaan hy Saterdag sy beste gee en is reg vir die optrede. Hy ervaar glo nog steeds pyn weens die 11 gebreekte ribbes wat hy tydens die ongeluk opgedoen het.

Voor die konsert begin, gaan ʼn groot sokker- en rugbywedstryd ook plaasvind. Bafana Bafana gaan Burkina Faso die stryd aansê terwyl die Springbokke en Argentinië kragte gaan meet.

Lees ook:
Goeie nuus vir Kurt Darren
Kurt sterk nog aan in die hospitaal
Kurt sterk aan ná ongeluk
Kurt Darren sterk aan ná ongeluk
Kurt Darren se vrou sien hom vir die eerste keer sedert sy ongeluk
Kurt Darren: Lugsakke het nie ontplooi nie
Kurt steeds in intensiewe sorg
Dunay dankbaar vir ondersteuning
Kurt Darren ernstig beseer ná motorongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

poppie ·

Kurt alle sterkte en kannie wag om te hoor dat jy ontslaan word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.