Kurt steeds in intensiewe sorg

Kurt Darren

Kurt Darren het glo Saterdagaand tydens die motorongeluk ‘n hou teen die kop gekry en het moontlik oogskade opgedoen.

Hy sal vir die volgende twee dae steeds in die intensiewesorgeenheid van die Milpark-hospitaal bly, het EWN berig. “’n Senuwees in sy oog is beskadig. Hy kan nie fokus nie. Die dokters hoop dit sal vanself regkom, anders sal hulle moet opereer,” het Darren van Heerden, Kurt se broer, aan EWN gesê. Klik hier om meer te lees.

“Dankie vir jul gebede en boodskappe. Kurt het vandag baie pyn as gevolg van sy gebreekte ribbe. Hy het glad nie lekker geslaap nie. Hy is wakker en is bewus van alles. Hy is op sterk pyn medikasie. Ons almal bid aanhoudend dat hy gou gesond word,” het vandag op sy Facebook-blad geskryf gestaan.

Kurt was Saterdag saam met vriende in ‘n motorongeluk in Pretoria-Oos.

Lees ook:
Dunay dankbaar vir ondersteuning
Kurt Darren ernstig beseer ná motorongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.