Kurt sterk aan ná ongeluk

Kurt Darren

Gerugte dat Kurt Darren Vrydagaand ʼn terugslag beleef het, is onwaar.

Louis van Wyk, Kurt se bestuurder, het Maandag aan Maroela Media bevestig dat hy in die hospitaal aansterk. “Gerugte dat hy ʼn terugslag beleef het, is nie waar nie,” het Van Wyk gesê. “Ek was gister by hom en hy is tussen die pyn deur nog vol grappies en opgewek.”

Kurt en twee vriende, Marnus Bisschoff en Nadia van Rensburg, was verlede week Sondagoggend in ʼn motorongeluk.

Volgens Van Wyk moet die dokters nog ʼn paar toetse doen, maar dit wil voorkom of Kurt dalk binnekort ontslaan gaan word, al sukkel hy nog met dubbelvisie ná die ongeluk. “Sy brein is nog geswel en ons moet wag vir dié swelling om te sak.” Kurt het verlede week ook uitgevind hy het 11 ribbe en nie net agt soos oorspronklik berig is nie, gebreek.

Marnus en Nadia is Vrydag reeds uit die hospitaal ontslaan.

Kurt se vrou, Dunay van Heerden, het getwiet: “Kurt is die ewige optimis en vol grappies al kreun hy van die pyn. So trots op sy vordering.”

Van Wyk sê hulle beplan om voorlopig Kurt se optredes in Augustus ook uit te stel.

Lees ook:
Kurt Darren sterk aan ná ongeluk
Kurt Darren se vrou sien hom vir die eerste keer sedert sy ongeluk
Kurt Darren: Lugsakke het nie ontplooi nie
Kurt steeds in intensiewe sorg
Dunay dankbaar vir ondersteuning
Kurt Darren ernstig beseer ná motorongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Die probleem met gebreekte ribbes is dat dit nie gespalk kan word nie, die heling moet dus “sonder steun” plaasvind, op hul eie tyd. Wanneer ‘n rib op TWEE plekke gebreek is, is dit dubbel so erg. Enige beweging , hoes, kug, lag – bring “wrywing” en dus pyn. Trots op hom om nog grappe te maak te midde van sy lyding – alle beterskap toegewens.

Chrisna ·

Sterkte Kurt en jammer dat ek dit sê, maar jy gaan nie in 6 weke se tyd reg wees nie. Ek weet waarvan ek praat, so STRONGS!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.