Kurt sterk nog aan in die hospitaal

Kurt Darren

Kurt Darren, wat byna twee weke gelede in ʼn motorongeluk was, sterk nog aan in die hospitaal.

“Kan nie meer lê nie, ek weet herstel vat tyd, maar glad nie daaraan gewoond nie. Hopelik binne paar weke terug op die verhoog, mis julle!!” het Kurt Woensdag op sy Facebook-blad geskryf.

Kurt is steeds in die hoësorgeenheid in die hospitaal nadat hy uit die waaksaal ontslaan is. Hy ervaar glo nog steeds erge pyn en sy beweging is beperk weens die 11 gebreekte ribbes wat hy tydens die ongeluk opgedoen het.

Kurt het ʼn haarlynfaktuur opgedoen en het dus nog erge hoofpyn. ʼn Klein stukkie been druk ook op sy optiese senuwees wat veroorsaak dat hy dubbelvisie het en nie kan fokus nie.

“Kurt bly soos gewoonlik positief en sien uit na die vrystelling binnekort van sy nuwe CD,” het ʼn woordvoerder op sy Facebook-blad geskryf. Aanhangers kan glo ook uitsien na ʼn iPad-app wat sy lewe en loopbaan van kinderjare tot op hede gaan dek. “Ons is almal positief dat hy ten volle sal herstel en dat hy binnekort sy aanhangers weer op die verhoog kan vermaak.”

Lees ook:
Kurt sterk aan ná ongeluk
Kurt Darren sterk aan ná ongeluk
Kurt Darren se vrou sien hom vir die eerste keer sedert sy ongeluk
Kurt Darren: Lugsakke het nie ontplooi nie
Kurt steeds in intensiewe sorg
Dunay dankbaar vir ondersteuning
Kurt Darren ernstig beseer ná motorongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.