KVBA onderhandel in De Doorns

Beamptes van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) is in De Doorns in die Wes-Kaap om met stakende plaasarbeiders in die gebied te vergader.

Ten minste sewe mense is Maandag in hegtenis geneem en verskeie wingerde is aan die brand gesteek. Die plaasarbeiders dring op ‘n loonverhoging aan, berig EWN. Betogers het nou in die dorp se hoofstraat bymekaar gekom waar onderhandelings by die munisipale geboue sal plaasvind. Monwabisi Khodile, ‘n onderhandelaar, verteenwoordig die arbeiders. “Hulle dring aan op R150 per dag. Hulle verdien tans tussen R60 en R70 per dag vir 12 ure se werk,” het Khodile gesê. Die polisie het die stakers vroeër met rubberkoeëls geskiet nadat hulle klippe na die beamptes begin gooi het.

Plaasarbeiders staak sedert Maandag en dring aan op ‘n verdubbeling van hul lone. Gedeeltes van die N2-snelweg was Maandag vir verkeer gesluit.

Ten minste 30 hektaar wingerde is afgebrand.

Maroela Media het vroeër berig ‘n plaaslike boer word van poging tot moord aangekla nadat hy Dinsdag glo op die stakers begin skiet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.