Kwadfietsryers eindig in Ballito na 1000km-reis teen plaasmoorde

Die groep kwadfietsryers voor hul vetrek vanaf Carnival City

Die groep kwadfietsryers voor hul vetrek vanaf Carnival City

Die vyf slagoffers van plaasaanvalle, wat sedert Donderdag, 26 September 1000km tussen Johannesburg en KwaZulu-Natal afgelê het vir die bewusmaking van plaasmoorde se reis eindig vanmiddag in Ballito aan die KwaZulu-Natalse Noordkus.

Die groep, bekend as die Frischgewaagd Dirt Riders, het deur vyftig plase gery, waar hulle literatuur en pamflette uitgedeel het om bewusmaking oor plaasmoorde te kweek. Die groep se doelwit is om die minister van polisie, Nathi Mthethwa, te versoek om plaasmoorde te prioritiseer. Hulle het ook die gemeenskappe waar hulle aangedoen het aangemoedig om AfriForum se petisie vir die prioritisering van plaasmoorde, in te vul wat in November vanjaar by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede ingedien sal word. Die petisie is elektronies beskikbaar en kan onderteken word by www.hoelanknog.co.za.

Deel van die groep is Bernadette Hall, wie se man, David verlede jaar voor haar oë op hul plaas, Frischgewaagd, naby Fochville in Noordwes vermoor is. Haar seuns, Bradly en Wesley Hall is ook deel van die kwadfietsryers.

Die groep sal met hul aankoms in Ballito ʼn wit kruis by Cane Cutters plant om die simboliek van dié reis te verewig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.