
Philippe Croizon
Philippe Croizon (45), ʼn kwadrupleeg wat verlede jaar tussen die wêreld se vyf kontinente geswem het, se elektriese rolstoel is gesteel, het die media in Frankryk Maandag berig.
Croizon sê hy het Donderdagaand by vriende naby Dieppe in Frankryk tuisgegaan toe diewe ʼn sleepwaentjie met sy rolstoel gesteel het. Hy het die volgende oggend eers agtergekom die sleepwaentjie is weg. “My onafhanklikheid is saam met my rolstoel gesteel,” het hy gesê.
Croizon het sy arms en bene verloor nadat hy in 1994 deur ʼn kragdraad geskok is. Die rolstoel is pasgemaak vir die swemmer. “Ek is eerder hartseer as wat ek kwaad is,” het hy gesê.
Croizon was die eerste man sonder ledemate wat in 2010 die 34km in die Engelse kanaal kon aflê. Hy het in 2012 tussen die vyf kontinente geswem en uiteindelik ook die ysige Beringstraat tussen Amerika en Rusland voltooi. Hy maak van prosteses gebruik om te swem en is tans besig met ʼn outobiografie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Betaal die prys vir origheid
Hoop hulle vind sy rystoel spoedig!
.