Kwadrupleeg-swemmer se rolstoel gesteel

Philippe Croizon

Philippe Croizon (45), ʼn kwadrupleeg wat verlede jaar tussen die wêreld se vyf kontinente geswem het, se elektriese rolstoel is gesteel, het die media in Frankryk Maandag berig.

Croizon sê hy het Donderdagaand by vriende naby Dieppe in Frankryk tuisgegaan toe diewe ʼn sleepwaentjie met sy rolstoel gesteel het. Hy het die volgende oggend eers agtergekom die sleepwaentjie is weg. “My onafhanklikheid is saam met my rolstoel gesteel,” het hy gesê.

Croizon het sy arms en bene verloor nadat hy in 1994 deur ʼn kragdraad geskok is. Die rolstoel is pasgemaak vir die swemmer. “Ek is eerder hartseer as wat ek kwaad is,” het hy gesê.

Croizon was die eerste man sonder ledemate wat in 2010 die 34km in die Engelse kanaal kon aflê. Hy het in 2012 tussen die vyf kontinente geswem en uiteindelik ook die ysige Beringstraat tussen Amerika en Rusland voltooi. Hy maak van prosteses gebruik om te swem en is tans besig met ʼn outobiografie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Seg Net ·

Jammer die kommentaar by verkeerde berig geplaas.
Hoop hy kry sy rolstoel terug of iemand skenk een aan hom. Dit moet baie moeilik vir enige gestremde wees, om ewe skierlik sonder sy/haar hulpmiddels te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.