Kwaito-sanger veg om lewe ná diagnose

Mandoza

Mduduzi Tshabalala, bekend as Mandoza. Foto: www.youtube.com

Die kwaito-musikant Mduduzi Tshabalala, beter bekend as Mandoza, veg om sy lewe nadat breinkanker by hom gediagnoseer is.

Volgens berigte het hy in Mei 2015 siek geword, maar het hy en sy vrou, Mpho, die nuus stil gehou omdat hulle “wou fokus op sy beterskap”. Mandoza het in April vanjaar aangekondig hy is kankervry. Die kanker het nou egter na sy brein versprei.

Die 38-jarige Mandoza het in 2000 multi-platinumstatus verwerf met sy album Nkalakatha. Die album is vervaardig deur Gabi le Roux.

Le Roux het op sy Facebook-blad geskryf oor sy vriend se beproewing. “’n Groot seun van ons Mzansi is in die moeilikheid,” het hy geskryf.

“Mandoza veg om sy lewe nadat hy kankerbehandeling ontvang het in 2015; dit het ongelukkig nou versprei na sy brein. Dokters en mediese personeel probeer alles in hul vermoë en ons hoop vir sy herstel,” het Le Roux verder geskryf. “Mpho en die Tshabalala-familie het al sy vriende en ondersteuners gevra om vir hom te bid, om te wink in die rigting van die voorvaders en om hom in hulle gedagtes te hou in hierdie tyd.”

Le Roux het ook gevra dat die publiek respekvol en diskreet sal wees in hul reaksie op die aankondiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Arina ·

Baie jammer om dit te hoor, sterkte aan al die familie en vriende.

E.K. ·

Baie sterkte vir hom en sy familie en vriende, dis ‘n taai ding om te beveg!

Koos1 ·

Ek sal hom in my gebede opdra aan my Lewende God, maar ongelukking kan ek nie die voorvaders daarom vra nie wat hulle is dood.
Baie sterkte aan die familie en hoop dat hulle ook God Drie Enig sal aanvaar as die enigste God, voordat dit te laat is.
Hy as sanger het een van die eerste sangers geword wat deur die kleur grens gebreek het met kwaito musiek.

Denise ·

Sterkte aan sy vrou en familie!!!! Dit is altyd so hartseer vir die vrou!!!!!

Yolanda ·

Ons bid dat Jesus met hom en sy gesin sal wees, baie sterkte.
Dit was die beste song nog ooit steeds mal oor hom.

charmaine ·

Sjoe, dis n skok. baie sterkte . Dis n vreeslike lyding

erica roos ·

Dit wys jou net weer die groot K, hy kyk nie wie jy is, wat jy is, hoe ryk jy is, hoe belangrik of bekend as hy daar is is hy daar en soms probeer mens alles maar sy woede is net te erg vir jou liggaam

jannie vermaak ·

die enigste kwaito waarvan ek hou en is mal oor mandosa hoop hy herstel 100%

Kay ·

Ek is so jammer om te hoor. Hierdie diagnose gaan met geweldig baie pyn en lyding gepaard. Ons dink aan en bid vir jou en jou familie.

Hannelie ·

Baie sterkte aan hom en sy familie. As mens hoor van kanker….dan trek jou maag klaar op ‘n knop. Ons bid vir hulle.

peter ·

Dis met intense hartseer dat ek verneem van sy siekte. My boetie is in Febr vanjaar oorlede aan kanker op slegs 34. Pragtig en slim jong man. Ingenieur! Sy gunsteling sanger was Mandoza. Ons het Mandoza gespeel terwyl die kis gesak het. Dit was sy versoek. Sterkte!

Rachelle Els ·

Sterkte aan almal. Mag daar n wonderwerk gebeur. Mandoza is oraloor gewild ongeag ras of taal. Ons bid vir jul.

ck ·

My gebede gaan uit na hom en sy familie. Mandoza se musiek word tot in Oman by Suid Afrikaanse funksies gespeel, een van ons groot talente! Baie sterkte

zelda ·

Ek het ook my man in 2013 aan brein kaner verloor. Ja deesdae vra kaner nie kleur of ouderdom nie.

Sterkte aan Mandoza se vrou en die res van die families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.