Kwart van die jeug ondersteun glo Malema

Julius Malema

Een uit vier jong Suid-Afrikaners sal glo vir die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, stem as hy ʼn party op die been bring.

Pondering Panda, ʼn verbruikersinsigtemaatskappy, het onlangs ʼn meningspeiling gedoen en dié inligting Woensdag bekend gemaak. “Dit is duidelik dat ʼn beduidende hoeveelheid jongmense ongelukkig is met die ANC en Julius Malema sal ondersteun indien hy ʼn nuwe politieke party stig,” het Shirley Wakefield, woordvoerder van die maatskappy, gesê.

Volgens die verslag het 3 585 jongmense tussen die ouderdom van 18 en 34 regoor Suid-Afrika aan die opname deelgeneem.

Uit die opname sal 35% vir die ANC stem, 25% het gesê hulle sal vir Malema se party stem, 15% het aangedui dat hulle vir die DA sal stem. Altesaam 14% het gesê hulle sal nie vir enige party stem nie en 6% het aangedui hulle sal vir ʼn ander party stem. Die laaste 4% was onseker vir wie hulle sal stem.

Aldus die opname is die meeste van Malema se ondersteuners jong swart Suid-Afrikaners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Joey Odendaal ·

Hierdie statistiek moet nie gesien word as die algehele siening van AL die jeug in SA nie – dit hang af waar hierdie statistiek gedoen is en….hoeveel WIT jeug is in hierdie statistiek ingesluit? Is almal nie deel van die jeug van Suid-Afrika nie ongeag ras? Hierdie statistiek is geen nuus dekking waardig nie.

johan storbeck ·

ouderdomme 18 to 34 se u, 99% het aids, julius sal nie lank in die politiek wees nie.

H J Bester ·

Nie te verbaas oor die uitslag van die meningspeiling nie – Julius Malema is ‘n opregte populis en het nog altyd sodanige uitsprake gemaak waarvan mense hou. En is dit, veral vir die mees oningeligte deel van die bevolking, aangenaam om te hoor hoe myne, banke ens. genasionaliseer sal word en beslag op grond, sonder vergoeding aan die eienaars, gelê sal word. Dit hou onmiddelikke rykdom vir almal in.

Malema weet ongelukkig nie, en so ook nie die massas mense wat hom glo nie, dat hierdie mooi idees van hom, wanneer die gaan realiseer, slegs tydelike voorspoed inhou. Met verloop van tyd egter, hou dit baie groot ellende en armoede vir almal in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.