Kwartmiljoen rand se boetes oor stukkende remlig

‘n Jong man wat in Prinsenbeeck, Nederland, voorgekeer is omdat sy voertuig se remlig stukkend is, blyk toe meer as 23 000 euro’s se uitstaande boetes vir dié lig te hê. Boonop het hy sonder rybewys en verpligte versekering bestuur, en is hieroor belet om verder te bestuur.

Dit het egter kort hierna duidelik geword dat die 27-jarige wel verder bestuur het, en hy is aangekeer. Dis toe hy by die polisiestasie aankom dat ontdek is van die groot aantal uitstaande boetes. Hierna is voorts ontdek dat hy vir nog minstens twintig onverwante sake, waaronder swendelary, gesoek is.

– Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.